↑ Return to Meer Oor Ons

Print this Page

Ons Stelsel

Towton Bonsmara

Towton Bonsmara

Ons kudde se groote maak ook voorsiening, dat ons elke koei en haar kalf kan evalueer en dan die regte bul by haar paar. Ongelukkig werk stoet teling nie, dat die beste bul by die beste koei vir die boer die beste kalf gaan gee nie en daarom is dit belangrik dat ons intensiewe seleksie by paring doen.

Hier op Towton glo ons aan veld aangepaste diere. Towton Bonsmaras streef daarna, om geharde, tenvolle veld aangepaste bulle, met van die beste gene in die land aan mede stoettelers en kommersiële boere beskikbaar te stel. Die 3jaar oud bulle wat op ons produksie veilings kom, het nog nooit enige winter lek, produksie lek of mieliemeel aanvullings in hul leeftyd gekry nie.

Meer as 90% van alle Bonsmara stoet telers voer hulle bulle in ‘n fase C of D toets. Daarna kry hulle of aanvullings op die veld tot voor die veilings of hulle word ten volle gevoer tot met veilings datum. Soms word die sg. Veld bulle tot ses weke voor veilings gevoer. Ons manlike en vroulikke diere kry slegs ‘n fosfaat en sout lek. Jaar in en jaar uit. As ons sê veld bulle, is dit “genuine” veld bulle.

Ons het ons weiveld oor 30jaar met beheerde seleksie weiding so verbeter, dat ons koeie se TKP onder die 400dae is. Bulle groei in goeie jare gemiddeld 1kg per dag in ‘n veld fase D toets met net sout en fosfaat lek. Een jaar wat alles ideal was (goed verspreide rëen, gras met hoë proteien gehalte deur selektiewe beweiding en koeie met baie melk) was die 205 dae speenmassa van die bulkalwers 294kg. Met ‘n gemiddelde van 294kg was ‘n groot % swaarder as 300kg. Met net ‘n sout en fosfaat lek, geen ander byvoeding nie.

Ons glo aan bulle in hulle WKD klere (werk, kerk en dans klere). Sodoende kan die potensiele koper presies sien wat hy koop en geen foute is weg gevoer nie. Inteendeel, die diere word net nog mooier tussen die nuwe eienaar se koeie terwyl hy werk.

Sedert die begin van Towton Bonsmaras in 1979 is koeie wat swak kalwers speen, saam met die kalf verkoop. Daardeur het ons in ons kudde koeie wat kalwers goed groot maak in enige seisoen. Hetsy droogte of goeie reen jare. Hulle is by die omstandighede aangepas en speen swaar kalwers.

Volgens ons weiveld bestuur praktyk poog ons om vir die diere net die beste gras te gee en ons weet dat hulle vir ons dan net die beste gewig gaan gee. Diere word nie geforseer om al die verskillende grasse te eet nie. As hulle die smaaklikke grasse gewei het, gaan hulle na die volgende kamp  waar daar nuwe smaaklike grasse vir hulle wag.

Ons kudde syfers teen oor ras gemiddeld is tans as volg:

Eienskap Kudde Ras
Geboorte Gewig .81 .58

Speen Gewig

10.8 10.2

Melk

5.6 3.6
Na Speen Gewig 15.0 15.3
GDT 76 78
Voeromset -45 -44
Skrotum 8.5 7.4
Oud 1ste Kalf -7.8 -15
TKP 1.7 2.9
Hoogte 1 2
Lengte 12 11

Permanent link to this article: http://towtonbonsmara.co.za/afr/meer-oor-ons/ons-stelsel/