↑ Return to Meer Oor Ons

Print this Page

Basiese Beginsels van Weiveldbenutting

1)   Tydperk van Beweiding

Enige hergroei moet nie tydens dieselfde weidings periode benut word nie.As gras afgewei is , moet hy reserwes uit sy wortel- en stingelsbasisse onttrek  , om groei te kan hervat. Daar is ‘n direkte balans tussen bo-groei en die wortelstelsel van gras.

2)   Tydperk van rus

Dit neem ongeveer ses weke vir ‘n grasplant , om sy wortel reserwes weer aan te vul soos dit was voor beweiding. Daarom moet die rus periode lank genoeg wees , sodat die gras weer in die saad kan kom.

3)   Hoogte van Beweiding

Hoe korter ‘n gras afgevreet is , hoe langer neem dit om te herstel . Die blare is die fabriek van die plant . Genoeg blare sorg dat aktiewe groei vinnig kan hervat

4)   Smaaklikheidsverskille van grassoorte

Alle diere is selektiewe  weiers en sal eerste die smaaklikke grasse vreet.Dan is hulle kondisie  goed en kan hul produseer en reproduseer.Dit impliseer , dat ons die verskillende grassoorte  , hulle voedingswaarde en smaaklikheid moet ken.

Van die meer as 60 grasspesies , wat voorkom op ons plaas in die Nood Kaap, is die smaaklikste grasse die volgende:

  • Buffelgras – Panicum Maximum – onder bome, struike en sanderige grond
  • Blou Buffelgras – Cenchrus Ciliaris – orals
  • Vingergras – Digitaria Eriantha – orals
  • Borseltjie gras – Anthephora Pubescens – hoofsaaklik in die sand
  • Swartvoetjie – Brachiaria Nigropedata – hoofsaaklik bergveld
  • Bruin Hoederspoor – Eustachys paspaloides – hoofsaaklik suidelikke berghange
  • Kalahari Sandkweek – Smidthea Pappaphoroides – sand en doringveld
  • Fynsaadgras – Sporobolus pyramidalis – hoofsaaklik doringveld

Wanneer die beeste  die volgende twee grassoorte begin vreet , moet jy weet , dat die smaaklike grasse reeds opgevreet is:

  • Blinksaadboesman  - Stipagrostis Uniplumis
  • Krulblaar – Eragrostis Rigidior

5)   Voeddingswaarde van grasse

Tabel 1:

Voedingswaarde van grasse verskil van soort tot soort en beeste verkies grasse met ‘n hoër protiene inhoud.

  Soort Gras Ruproteien
Weeluisgras 9.50%
Wit Buffel 16.30%
Bo-groei van beide is twee maande

Tabel 2:

Gras wat net een keer in ‘n groei seisoen gewei is, gee ‘n groot hoeveelheid droë materiaal en die protiene inhoud is relatief laag. gras wat 4 keer in ‘n seisoen gewei word gee basies dieselfde hoeveelheid droë materiaal, maar die protiene inhoud is relatief hoër.

Gras wat aanhoudend gewy word se protiene in baie hoog, maar die droë materiaal is slegs een derde van die wat 1 tot 4 keer gewy is.

Getal snysels / groeiseisoen:

1 2 4 9 10
2490 2570 2480 1390 870 Droë materiaal per akker
4.62 5.06 6.37 6.68 9.56 Ruprotiene

Tabel 3:

Gras wat 2 maandeliks gesny is se verteering van ruprotiene is hoog (55.1 in Tabel) teenoor veld wat 6 maand en meer gerus het wat se verteering meer as die helfte laer is (32.4 in Tabel).

Hoe dikwels gesny Ruprotiene
  1 Maandeliks 60.6
2 Maandeliks 55.1
3 Maandeliks
50.4
4 Maandeliks
39.6
6 Maandeliks 32.4

Tabel 4:

Plante se groei reserwes verskil nie veel tussen 1 & 4 beweidings in ‘n seisoen nie, maar met meer beweidings word dit geweldig minder.

Hoeveelheid groeireserwes (stuisel en suiker) in vingergras wortels soos beinvloed deur aantal snysels per seisoen.

Towton Bonsmara - Beweidings Begunsels

Tabel 5:

Wortel massas tussen 1 & 4 bewydindings verskil nie baie nie, maar met meer bewydings word dit baie minder.

Massa van vingergras wortels.

Towton Bonsmara - Beweidings Begunsels

6)  Plaas Beplanning

Skei veld tipes. Voorsien voldoende kampe vir elke trop en trop grootte. Maak seker dat daar by elke kamp groot genoeg water kamp is , sodat veld om waterkamp nie vertrap en uitgelê word nie.

7)  Boerdery Beplanning

Ons plaas “Towton” se gemiddelde reenval oor 60 jaar is 318mm.

  • Droogste tye 1977  tot  1978 ( 101mm)
  • Natste tye 1973 tot 1974  (873 mm)

Tabel 1:

Gras produksie per reënval jaar vir tydperk 1965 tot 1972.

Reënval Jaar Reënval (mm) Grasproduksie per Ha Ha benodig per GVE
1965 217 220kg / ha 18
1966 420 430 9
1967 170 190 21
1968 210 280 14
1969 132 150 26
1970 235 290 13
1971 327 390 10
Gemiddeld 244mm 278kg / ha 15 GVE

Sommige jare is die reenval dieselfde , maar grasproduksie verskil.Dit is a.g.v die verspreiding van die reenval.

8)  Persentasie verbetering van Towton Bonsmara’s se grassoorte

Met beheerde selektiewe weiding, het die gras soort samestelling (%) die afgelope 17 jaar so verander.

Grassoort 1994 2011 Gewensthuid
Vingergras  2  33  Hoog
Kalahari Sandkweek  19  51  Hoog
Gha Gras  0  1  Hoog
Sand Buffelgras  3  0  Hoog
Knietjies Gras  22  2  Gewens
Blinkblaar Boesman Gras  7  1  Gewens
Klein Voëltjiesaad Gras  3  0  Gewens
Lang Naald Steekgras  1  10  Minder
Sekelgras  1  1  Minder
Wit of 1 jarige steekgras  42  1  Ongewens

9)  Opsomming

Met die beter veld, is die koeie se TKP onder die 390 dae, speengewigte warieer van 250kg tot 280kg. Ons gebruik net ‘n sout/fosfaat lek oor die 30 jaar, wat ons stoet teling doen, vir al ons beeste. Dit sluit in koeie met kalwers, verse, dragtige verse, eerste kalf koeie jaar oud bulle tot 3 jaar oud bulle. Vir ons jaarlikse produksie veiling, op Kuruman, word ons bulle dieselfe dag van die veiling in die veld bymekaar gemaak en na die veilings krale vervoer. Die bulle is dan so teen 11h00 die oggend gereed vir besigtiging, waarna die veiling 13h00 begin. So kom die bulle van die veld af op die veiling sonder eninge voer. En met die praktyk, gee ons uitting aan Towton Bonsmara’s se logo, nl. Van die Veld af.

10)   Afsluiting

Ek sluit af met die volgende:

Die slegste wat jy aan ‘n gras kan doen, is om niks te doen nie. Doen dit met die onsmaaklike grasse, dat hulle ou material ophoop en afsterf. Die tweede slegste is om ‘n gras aanhoudend af te wei. Moet dit nie aan die smaaklike grasse doen nie. Hulle gaan groeikrag verloor en geleidelik uit die veld verdwyn.

 
Sorg vir ‘n bees met die gras waarvan hy hou en dan sorg hy vir jou,
met die gewig waarvan jy hou.

Baie dankie

Charles Williams

073 612 6345

Permanent link to this article: http://towtonbonsmara.co.za/afr/meer-oor-ons/basiese-beginsels-van-weiveldbenutting/