Print this Page

Meer Oor Ons

Towton Bonsmara

Terug Blik Oor Die Jare

Towton Bonsmara StoeteryCharles Williams het in 1964 ‘n BSc Landbou graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf met hoof vakke akkerbou en veeteelt. In 1966 behaal hy sy B Agric Honeurs graad aan die Universiteit van Pretoria.

in 1965 begin hy sy loopbaan as landbouvoorligter op Thabazimbi en Ellisras, waar hy werksaam was tot 1976. Hy het in 1977 ‘n oorplasing na Vryburg gekry en is 1979 vandaar plaas toe.

In 1980 het Charles Williams, nadat sy pa Henry Williams 30 jaar met Afrikaners op die plaas Towton geboer het, met Bonsmaras begin boer. Hy het 100 Afrikaner tipe koeie by sy pa gekoop en 12 Bonsmara stoetkoeie by Oom Hercules Nel. Sy eerste drie bulle het hy by Flip van der Berg gekoop en dis waar die stoet teling gogga gebyt het. Met “beginners geluk”, is die eerste bul wat fase C getoets is, vir die KI Jongbul Skema geselekteer en is 7000 semenstrooijies van CSW B308 landwyd verkoop.

Charles het sy eerste tree in die wêreld gegee en sy wens is, om ook sy laaste tree in die wêreld te gee.

Hy is getroud met Emma Williams, wat die hoeksteen en steunpilaar van die die boerdery en gesin vorm. Hulle het drie seuns, Henry, Philip en Charles.

Henry, die oudste seun, het ‘n diploma in diere produksie aan die Technikon Pretoria verwerf. Hy het 9 jaar vir die Landbou Navorsingsraad gewerk. Hy is tans 14 jaar saam met sy pa Charles aktief besig met die stoetery. Hy was ook as die LNR se boer van die jaar in die Noord Kaap aangewys.

Philip, die tweede oudste seun woon tans in Kuruman en is werksaam te PSG Konsult. Dit laat hom toe om deeltyds betrokke te wees by die boerdery. (Iemand moet die pompe trek).

Charles, die jongste seun is ‘n embrioloog op Bloubergstrand en is betrokke met die genetiese evaluasie van die teeldiere.

Towton Bonsmara streef daarna, om geharde, tenvolle veld aangepaste bulle, met van die beste gene in die land aan mede stoettelers en kommersiële boere beskikbaar te stel.

Permanent link to this article: http://towtonbonsmara.co.za/afr/meer-oor-ons/

Towton Bonsmara

Basiese Beginsels van Weiveldbenutting

1)   Tydperk van Beweiding Enige hergroei moet nie tydens dieselfde weidings periode benut word nie.As gras afgewei is , moet hy reserwes uit sy wortel- en stingelsbasisse onttrek  , om groei te kan hervat. Daar is ‘n direkte balans tussen bo-groei en die wortelstelsel van gras. 2)   Tydperk van rus Dit neem ongeveer ses weke …

Lees meer...

Towton Bonsmara

Ons Stelsel

Towton Bonsmara Ons kudde se groote maak ook voorsiening, dat ons elke koei en haar kalf kan evalueer en dan die regte bul by haar paar. Ongelukkig werk stoet teling nie, dat die beste bul by die beste koei vir die boer die beste kalf gaan gee nie en daarom is dit belangrik dat ons …

Lees meer...