2018 Veiling

Towton BonsmarasNa 37 jaar van stoetteling het ek aan die einde van my telingspad gekom. Ons bied op 18 April 2018 35 stoetbulle en ons 100 beste stoetkoeie aan.

Vir meer besonderhede besoek gerus ons veilingsblad.

Towton Bonsmara - 2018 Veiling

Pa, Ma en Seun

Towton 0915 - CSW 11-65 Pa Ma en seunHierdie is vir ons sommer net ‘n mooi foto van ‘n gelukkige famielie in baie droë toestande. Die bul (csw 11-65) is vol vleis. Die koei het ook genoeg vleis, met ‘n mooi wigvorm, uier en spene.

Die poena kalf se agterkwart is besig om mooi te ontwikkel en lyk na ‘n gelukkige bees.

Bulle wat tans by ons verse loop

CSW 12-199

Towton 0915 - CSW 12-199

CSW 12-199  loop vir die eerste keer by ons verse . Hy het goeie teelwaardes,  kloue en op ‘n jong ouderdom begin hy al ‘n mooi skof wys. Hy vervang sy Pa en dit sê vir ons baie van die bul .Ons het ook groot verwagtinge dat hy nog ‘n groot bydrae in ons kudde gaan maak.

CSW 12-206

Towton 0915 - CSW 12-206

CSW 12-206 is ook ‘n jong bul met baie goeie teelwaardes, wat ook sy Pa vervang. Hy het ‘n donker pigment , vol vleis met ‘n kort skede . Hy gaan nog een van ons top vers bulle word. Kyk uit vir CSW 12-206

Bulle wat tans by ons koeie loop

CSW 11-65

Towton 0915 - CSW 11-65

CSW 11-65 is ‘n bul wat ons baie hoog aanslaan Manlike kop , gespierde lyf en uitstekende kloue som hom goed op. Hy het los horingtjies(scurs) en ons het vir hom onverwante top poena koeie uitgesoek.

CSW 10-12

Towton 0915 - CSW10-12

CSW 10-12 is ‘n baie korrekte bul ,so lank soos ‘n trein en vol bevleising. Hy loop tans tussen ons eerste kalf koeie , waarvan nie een aan hom of sy Pa verwant is nie. Ons verwagting is dan ook groot van die bul.

CSW 11-26

Towton 0915 - CSW 11-26

CSW 11-26 is korter op die been met ook ‘n baie lang gespierde lyf. Hy het ‘n baie mooi skede , pigment  en is ‘n dik bul. Ons gebruik hom op ons groter koeie.

Print this Page

Towton Bonsmaras

Towton Bonsmaras‘n Uiters konserwatiewe weiveldbenadering bied Towton Bonsmara voldoende natuurlike hulpbronne om hul beeste in ‘n gebied met ‘n jaarlikse gemiddeld van minder as 300mm reënvan die veld af te laat gedy.

Met die verbetering van weiding, het Towton Bonsmara al verskei produksieveilings gehou van bulle wat regstreeks van die veld af kom. Bulle word afgerond in die kampe waar baie witbuffelgras onder die kameeldoringbome groei.

flyerDie bulle tel kameelpeule onder die bome op en kry verder net ‘n sout-fosfaatlek. Die witbuffelgras se proteïengehalte is baie hoog en die res van die weiding is nie ouer as twee maande nie. Die bulle is 2½ tot 3 jaar oud en het geen veldaanpassings probleme nie.

Towton Bonsmara se sukses is te danke aan ‘n unieke weiveldbenadering en ‘n Williams famielie wat toegeweid en met passie die stoet bestuur. Met ons webwerf wil ons nou die ou met die nuwe verbind om voort te bou op ‘n nog beter toekoms.

Voel vry om ons webwerf te besoek en lees gerus al ons artiekels. Ons nooi jou om ons te kontak as jy meer inligting verlang oor ons stoet.

Permanent link to this article: http://towtonbonsmara.co.za/afr/

Towton Bonsmara - 2018 Veiling

2018 Veiling

Na 37 jaar van stoetteling het ek aan die einde van my telingspad gekom. Ons bied op 18 April 2018 35 stoetbulle en ons 100 beste stoetkoeie aan. Vir meer besonderhede besoek gerus ons veilingsblad.

Lees meer...

Towton 0915 - CSW 11-65 Pa Ma en seun

Pa, Ma en Seun

Hierdie is vir ons sommer net ‘n mooi foto van ‘n gelukkige famielie in baie droë toestande. Die bul (csw 11-65) is vol vleis. Die koei het ook genoeg vleis, met ‘n mooi wigvorm, uier en spene. Die poena kalf se agterkwart is besig om mooi te ontwikkel en lyk na ‘n gelukkige bees.

Lees meer...

Towton 0915 - CSW 12-199

Bulle wat tans by ons verse loop

CSW 12-199 CSW 12-199  loop vir die eerste keer by ons verse . Hy het goeie teelwaardes,  kloue en op ‘n jong ouderdom begin hy al ‘n mooi skof wys. Hy vervang sy Pa en dit sê vir ons baie van die bul .Ons het ook groot verwagtinge dat hy nog ‘n groot bydrae in …

Lees meer...